17 Oktober / Rig jou gedagtes / Filippense 4:8-9

17 Oktober / Rig jou gedagtes / Filippense 4:8-9
Photo by Andrei Shiptenko / Unsplash
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. - Fil. 4:8-9

Selfbeheersing behels dat ek my gedagtes onder beheer moet kry. Daar is 'n Engelse liedjie wat sê: "Be careful what you wish for, make sure it's what you really want, the mind is made for thinking and energy follows thought."

Dit waarop ons die heeltyd ons gedagtes rig, begin ons lewens in 'n rigting stuur. Daarom sê Paulus dat ons ons gedagtes moet rig op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Wanneer ons dit doen, dan sal daar 'n groter mate van selfbeheersing klaar in ons lewens wees.