17 November / Heilig omdat jy God ken / 1 Tessalonisense 4:3-8
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ’n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het. - 1 Tessalonisense 4:3-8
God wil hê dat ons reinig moet lewe en Paulus gee die sleutel hier vir hoe om heilig te lewe; dit is om God te ken.
Die heidene doen al hierdie dinge wat hulle doen omdat hulle nie God ken nie. Dit beteken nie dat hulle nie van Hom weet nie, maar hulle ken hom nie persoonlik nie.
Die sleutel om sonde in jou lewe te oorkom is om God te ken.