17 Mei 2023 / Geloof en Beloftes / Romeine 4:19-22

17 Mei 2023 / Geloof en Beloftes / Romeine 4:19-22
Photo by Alex Shute / Unsplash
Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het. Deurdat Abraham geglo het, het God hom dus vrygespreek. - Rom 4:19-22

Abraham was baie oud en dit was nie vir hulle moontlik om kinders te kon hê nie, maar hy het in geloof sy hoop in God se belofte geplaas met die wete dat God Sy belofte sal na kom. God doen Sy Woord gestand. Hierdie geloof wat Abraham gehad het in God, in Sy belofte en dat God dit sal na kom, het gemaak dat God Abraham regverdig verklaar. Hierdie geloof in God het Abraham gered.

Dink 'n bietjie

Hoe kyk ons na God se beloftes? Is dit iets wat ons hoop dalk sal waar word, of dit iets wat ons aan vas hou met geloof en die wete God se beloftes sal waar word?