1 min read

17 Maart – Klein liggies in donker tye

17 Maart – Klein liggies in donker tye
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. - Johannes 1:5 (AFR20)

Oordenking:

Selfs die kleinste lig verdryf donkerte. God se lig bly skyn. Ons werk is om getrou aan Hom vas te hou en Hom toe te laat om deur ons te werk. Al is die omstandighede waarin jy jouself vind moeilik; hou aan om 'n lig te wees vir die mense om jou.

Vraag / Uitdaging:

Waar kan jy 'n klein lig wees?

Gebed:

Here, help my om U lig raak te sien, selfs in donker tye. Help my om ook my lig te laat skyn, al is dit moeilik. Amen.