17 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor jou familie / 1 Timoteus 5:8

17 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor jou familie / 1 Timoteus 5:8
Photo by Beth Macdonald / Unsplash
As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ’n ongelowige. - 1 Tim 5:8

Die Here verwag van gelowiges om vir hul eie mense en veral hul eie huisgesin, te sorg. Selfs ongelowiges kyk na hul eie mense. Bv, die Moslems buig agteroor om hul eie mense te ondersteun en voor te sorg. Wat Paulus hier wil duidelik maak is dat wanneer 'n gelowige nie vooruit beplan om vir sy naastes en huisgesin te sorg nie, dan is dit 'n donker merk teen die Christen geloof. Dit doen skade aan die beeld van Christus.

Daar is een ding wat ons almal moet verstaan: niemand skuld ons niks nie. Alles wat ons het, het ons uit genade en die Here se hand. Nie omdat ons dalk so hard werk nie of so wonderlik is nie. Wat ons het, het die Here vir ons gegee en dit behoort aan Hom. Ons moet dit gebruik om Hom daarmee te eer en om vir ons eie mense om ons te sorg ook - of ons dink hulle dit nou verdien of nie. Daardie oordeel is nie vir ons om te maak nie.

Daar is huishoudings waar familie lede baie swaar kry en die families sorg nie vir die lede nie. Dit is nie mooi nie en die Here verwag van ons om te help sovêr dit binne ons vermoë is. Deur dit te doen, bring ons eer aan die Here en ook aan ons geloof.