1 min read

17 Januarie – Vertrou sonder om te sien

17 Januarie – Vertrou sonder om te sien

Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. - 2 Korintiërs 5:7 (AFR83)

Oordenking:

Geloof vra dat ons loop sonder volle sekerheid, maar met vaste vertroue in God. Hierdie teks verwys eerstens na ons vertroue in die Here van die ewige lewe. Dat ons nie die ewige lewe en ons hemelse liggaam nou kan sien nie, maar dat ons in vertroue leef.

Tweedens, beklemtoon dit die feit dat om geloof en vertroue te hê, is juis in die afwesigheid van om te sien. Geloof kom deur die hoor van God se Woord ...

Vraag / Uitdaging:

Dink jy dit is reg of verkeerd om God te mag vra vir 'n teken, sodat jy kan "sien" om meer vertroue te hê?

Gebed:

Here, leer my om deur geloof te leef en nie net deur wat ek kan sien of verstaan nie. Ek plaas my vertroue in U. Amen.