16 Mei 2023 / God verander nie / Jakobus 1:17-18
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het. - Jak 1:17-18
Is daar iemand wie jy al vir baie jare ken? Dalk 'n vriend/in of familie lid? As jy party mans of vrouens vra of hul eggenoot dieselfde persoon was wat hulle jare terug getrou het, dan sal jy hoor dat party dieselfde is of dat ander baie verander het. Die feit is, dat ons as mense, bly wynig min dieselfde. Ons verander oor tyd soos ons ervaringe, kennise, verhoudings en omstandighede ons vorm. Dit kan dalk skrikwekkend wees as jy in die spieël kyk en jouself dalk nie meer herken nie.
Die probleem met iemand wat verander, is dat jy nie weet wat voorlê nie en jy weet nie of jy nog op die persoon kan staat maak of nie. Jy weet nie of hul persoonlikheid of gevoelens kan verander nie en of hul hul woord gestand sal doen nie. Gelukkig is God nie só nie!
God verander nie, Hy bly konstant. Hoe Hy was, is hoe Hy altyd sal wees. Daar is geen verrassings nie en ons kan presies weet waar ons met God staan - of as sondaar, of as verloste.
Jy kan jou volle hoop en vertroue in die Here plaas.