16 Februarie 2023 / Vrede met mekaar / Matteus 5:23-24

16 Februarie 2023 / Vrede met mekaar / Matteus 5:23-24
Photo by Jessica Delp / Unsplash
“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. - Matt. 5:23-24

Om 'n dissipel van Jesus te wees beteken nie net dat ons agter Hom moet aanloop en Sy Woord bestudeer nie, maar dat ons ook Sy opdragte uit voer en dat ons moeite maak, sover dit van ons afhang, om in vrede met ons mede-gelowiges te kan leef.

Hier gee Jesus opdrag dat as jou broer iets teen jou het, dan moet jy hom nader en probeer vrede maak. Kyk weer mooi na die vers, dit is as jou broer teen jou iets het, nie jy teen iemand anders nie. Dus, as jy weet iemand het 'n probleem met jou vir wat ookal rede, dan is daar ook 'n verantwoordelikheid op jou om te probeer vrede maak met daardie persoon.

Dink 'n bietjie

Is daar enigiemand tans in jou lewe, wie jy weet 'n probleem met jou het? Iemand wat iets teen jou het? Het jy al van jou kant af moeite probeer maak om met daardie persoon te praat en vrede te maak? Indien nie, dan moet jy dalk... Maar as jy al probeer het, dan is jy gevrywaar. Maak net seker dat jy opreg voor die Here kan staan en sê dat jy regtig probeer het, en nie net 'n halfhartige probeerslag gegee het nie.