16 Augustus / Liefde en onreg / 1 Korintiërs 13:6
Om lief te wees vir mense beteken dat ons nie bly raak of lekker kry oor dinge wat verkeerd is nie, maar dat ons eerder opgewonde raak wanneer waarheid geskied.
Dit [liefde] verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. - 1 Kor. 13:6
Liefde verbly hom nie oor die onreg nie... maar het jy al "lekker gekry" wanneer jy sien iets gebeur wat sleg of verkeerd is met iemand anders en dan dink jy "dis jou verdiende loon"?
Om lief te wees vir mense beteken dat ons nie bly raak of lekker kry oor dinge wat verkeerd is nie, maar dat ons eerder opgewonde raak wanneer waarheid geskied.