15 September / Jesus is nie net 'n pion nie / Johannes 10:17-18

15 September / Jesus is nie net 'n pion nie / Johannes 10:17-18
Photo by Edward Cisneros / Unsplash
“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” - Joh. 10:17-18

God het 'n spesiale tipe liefde vir Jesus omdat Jesus gewillig gehoorsaam is aan die Wil van God. Jesus het Sy lewe gewillig en vrylik af gelê vir die sondes van hierdie wêreld en om 'n offer te wees vir die Vader in my en jou plek. Hy het dit nie uit dwang gedoen nie, maar het ten volle beheer en volmag oor Sy lewe.

Jesus was nie net 'n hulpelose pion in die geskiedenis gewees nie, maar Hy het aktief en ten volle in beheer Homself gegee om aan die kruis te sterf en Hy het weer uit Sy eie mag weer uit die dood op gestaan. Dit is vir my "mind-blowing", soos hulle in Engels sou sê! Jesus is nie net 'n mens met bonatuurlike mag nie, maar werklik God ook. My kop kan dit nie 100% begryp nie, maar ek buig neer voor Jesus as my Heer en gee vir Hom al die lof en eer wat aan Hom behoort.