15 Oktober / Die Tong / Spreuke 18:21

15 Oktober / Die Tong / Spreuke 18:21
Photo by Karsten Winegeart / Unsplash
Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra. - Spr. 18:21

Ken jy iemand wie baie lief is vir praat? Iemand wat nie kan stil bly nie en wie dikwels hul mond verby praat of dinge sê wat hulle nie kan terug trek nie? Die tong is een van die dinge waaroor daar partykeer min selfbeheersing is.

Die tong het mag oor dood en lewe... dit vat een woordjie om iemand op te bou of af te breek. Vertroue kan in 'n oogwink geskend word. In 'n oomblik van woede of frustrasie uiter ons dalk iets en dan kan dit nie terug gevat word nie.

Die Bybel waarsku ons dat iemand wie lief is om te praat, sal die gevolge dra. Die implikasie van hierdie stelling is dat mense wie baie graag baie praat, gewoonlik op die een of ander manier 'n fout maak of in die moeilikheid beland. Dalk kan ons almal aan 'n voorbeeld dink waar hierdie al gebeur het. Dalk het dit al met jou gebeur.

Om selfbeheersing in ons lewens toe te pas behels dat ons selfbeheersing oor ons tong uit oefen.