15 Maart – God dra my
Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’ - Deuteronomium 33:27 (AFR83)
Oordenking:
Wanneer ons krag min raak, dra God ons. Sy arms hou ons vas. Hy is ons bron van krag, maar partykeer maak ons die fout om ons krag in iemand of iets anders te kry. Ons vind 'n "coping mechanism" wat nie goed is nie. Dit mag dalk tydelike verligting bring - maar dit is nie 'n langtermyn oplossing nie. God se bron van krag word nooit uit geput nie.
Vraag / Uitdaging:
Probeer jy krag op 'n ander plek vind, in plaas van by God?
Gebed:
Here, dra my waar ek self nie meer kan nie. Laat my rus in U arms. Amen.