15 Augustus / 4 Negatiewe beskrywings van liefde / 1 Korintiërs 13:5
In vers 5 dop Paulus dit om en gee 4 negatiewe beskrywings van wat liefde nie behoort te wees nie.
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. - 1 Kor 13:5
In vers 4 gee Paulus positiewe beskrywings van wat liefde is. In vers 5 dop Paulus dit om en gee 4 negatiewe beskrywings van wat liefde nie behoort te wees nie.
Ons is besig met die tema van liefde en as jy die vorige verse gemis het, dan wil ek jou aan raai om hulle te gaan lees - maar die kern is dat as Kinders van God moet ons lief wees vir God en lief vir ons medemens. Liefde en hoe ek optree is die nommer een Vrug van die Gees wat getuig van my verhouding met Jesus.
Paulus gee nou 'n kort beskrywing van wat liefde NIE is nie... lees die 4 beskrywings en as enige van hulle in jou gedagtes op kom waar jy weet jy dalk oortree het, bid sommer dan en daar en vra die Here om jou te help in daardie areas.
Die liefde is nie:
- Onwelvoeglik (ongeskik) nie,
- soek nie sy eie belange nie (plaas ander bo jouself),
- liggeraak nie (word nie maklik of vinnig kwaad nie) en
- hou nie boek van die kwaad nie (vergewe vinnig en vergeld nie).
Gebed
Vader, ek weet dat ek partykeer struikel en skuldig is aan hierdie 4 dinge wat nie van liefde getuig nie. Ek wil meer soos Jesus wees; help my asseblief om teen alle tye in liefde op te tree teenoor die mense om my. Amen.