14 September / Liefde tussen God en Jesus / Johannes 3:35

14 September / Liefde tussen God en Jesus / Johannes 3:35
Photo by Emmanuel Phaeton / Unsplash
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. - Joh. 3:35

Hoe kosbaar is dit nie om die intieme liefde tussen God en ons Here Jesus te sien nie? Wanneer jy iemand lief het, dan wil jy graag dinge vir hul gee of doen. 'n Ouer wie lief is vir hul kinders, wil vir hul kinders alles gee wat binne hul vermoë is omdat hulle lief is vir hul kinders.

Wanneer jy iemand lief het, dan is die natuurlike neiging dat jy vir hulle wil wys hoe lief jy hulle het. God het jou ongelooflik lief en Hy het Sy alles vir ons gegee... Hy het Sy Seun, Jesus Christus gegee. Daar is nie 'n groter geskenk as dit nie.

Ek wil jou vanoggend herinner dat God jou ongelooflik lief het en maak nie saak wat jy deur gaan op hierdie oomblik nie; jy is kosbaar vir Hom.

Mag jy 'n vreugdevolle dag beleef!