14 Oktober / Christus is my bron / Fillipense 4:13

14 Oktober / Christus is my bron / Fillipense 4:13
Photo by Qang Jaka / Unsplash
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Wie of wat is jou bron van krag? As jou bron van krag in mense is dan gaan dit jou teleurstel, want mense stel ons teleur. As jou bron van krag in jou omstandighede is, dan gaan dit jou ook teleurstel omdat ons omstandighede wipplank ry en nie konstant is nie. As jou bron van krag in enigiets in hierdie wêreld is... dan gaan dit jou ook teleurstel, want die wêreld is vervalle en word deur Satan regeer.

Daar is net een konstante bron van krag wat nooit uitgeput kan raak nie en jou nooit in die steek sal laat nie - dit is Jesus Christus. Jesus is wie Hy sê Hy is; Hy doen wat Hy sê Hy doen en Hy raak nooit moeg of afgemat nie. Met Jesus as jou bron van krag, sal jou emosies en jou gemoed 'n bietjie meer stabiel wees en jy sal meer vreugde in jou lewe ervaar TENSPYTE van jou omstuimige omstandighede.

Kies mooi waar jy jou krag vandaan kry!