14 November / Tema: Heiligmaking / Romeine 12:1-2
En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. - Rom. 12:1-2
Heiligmaking. Paulus doen 'n beroep op die vroeë kerk om hul lewens as 'n heilige en lewende offer vir God te gee wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die kern van ons godsdiens.
Wat beteken dit om heilig te lewe? Wat beteken die woord heiligmaking?
Vir die volgende rukkie gaan ek op heiligmaking stil staan en ter voorbereiding vir die volgende paar weke, wil ek jou vra om met my kontak te maak en kortliks met my te deel wat jy verstaan van die woord "heiligmaking".
Ek hoor graag van jou!
Riaan