14 Februarie – Liefde in aksie
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. - 1 Johannes 3:18 (AFR20)
Oordenking:
Liefde wys sigself nie net in woorde nie, maar in dade. Klein dade maak 'n groot verskil. Om vir iemand te wys dat jy hulle lief het dra groot waarde, maar dit is ook belangrik om dit te sê. Oppas om dit wel te sê en nie te wys nie!
Vraag / Uitdaging:
Is daar iemand vir wie jy lanklaas gewys het dat jy hulle lief het?
Gebed:
Here, help my om liefde prakties uit te leef en nie net daaroor te praat nie. Amen.