14 Augustus / Liefde is geduldig / 1 Korintiërs 13:4
Die effek van hierdie liefde is dat ons geduldig en vriendelik moet optree. Hoe maklik raak ons partykeer nie ongeduldig met mense nie? Veral mense wie ons nie van hou nie, of wie ons dalk vinnig irriteer.
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. -1 Kor. 13:4
Liefde is een van die hoof kenmerke van 'n Geestelike volwasse gelowige want dit is die Groot Opdrag wat ons het: wees lief vir God en jou naaste.
Die effek van hierdie liefde is dat ons geduldig en vriendelik moet optree. Hoe maklik raak ons partykeer nie ongeduldig met mense nie? Veral mense wie ons nie van hou nie, of wie ons dalk vinnig irriteer.
As ek lief is vir mense soos Christus mense lief het, dan moet ek nie toelaat dat mense my irriteer nie en ek moet geduldig en vriendelik teenoor mense op tree. Dit is nogals nie so maklik nie! Dit is waarom dit een van die Vrug van die Gees is; as ek wedergebore is en die Heilige Gees het, dan is liefde die eerste vrug wat in my lewe moet sigbaar wees.
Dink 'n bietjie
Hoe treë jy gewoonlik op teenoor mense wanneer jy geirriteerd raak? Is daar iemand in jou lewe wie jy aan kan dink vir wie jy nie ooghare het nie, of vir wie jy sukkel om te verdra? Hoe wil Jesus hê moet jy teenoor daardie persoon optreë?