13 September / Liefde en duisternis / Johannes 3:19-21

Sondaars is lief vir die duisternis, nie vir wat die duisternis is nie, maar vir wat die duisternis wegsteek; hul sondige begeertes en dade.

13 September / Liefde en duisternis / Johannes 3:19-21
Photo by Cherry Laithang / Unsplash
En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” - Joh. 3:19-21

Die wie nie God dien nie, het die duisternis lief. Sondaars is lief vir die duisternis, nie vir wat die duisternis is nie, maar vir wat die duisternis wegsteek; hul sondige begeertes en dade.

As kinders van God moet ons in die waarheid wandel, in die lig, en ons dade moet daarvan getuig deur ons gehoorsaamheid aan God.

Mense wat in sonde vas gevang is, probeer dit gewoonlik wegsteek, want hulle wil nie uitgevang word nie. Maar wanneer dit in die lig kom, dan word dit ontbloot en die waarheid kom na vore.

Oordenking

Hoe kan dit iemand help om met sonde te breek, deur dit in die lig te bring? Wat dink jy?