13 Oktober / Wees wakker / 1 Tessalonisense 5:6

13 Oktober / Wees wakker / 1 Tessalonisense 5:6
Photo by Matthew Henry / Unsplash
Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees. - 1 Tes. 5:6

Paulus moedig sy lesers aan om wakker en nugter te lewe met die oog op die wederkoms van ons Here Jesus.

Wanneer jy gaste verwag, dan kry jy jou plek reg - maak die huis skoon en aan die kant, berei die kos solank voor, ens. Jy wil reg wees wanneer jou gaste arriveer. Net so is dit met die Here en die Sy wederkoms. Ons moet nie deur die lewe gaan en aan die slaap wees nie, maar ons moet op so 'n manier lewe met die verwagting dat ons Here Jesus op pad terug is. Ons moet onsself gereed maak en wakker en nugter wees...

Daarom moet ons met selfbeheersing lewe, die oog gevestig op Jesus!