13 November / Nuttige Werk / Titus 3:8
Dit is ’n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. - Titus 3:8
Paulus gee opdrag vir die Christen gedrag en beklemtoon dat saam met goeie doktrines en leringe, moet daar ook goeie gedrag gepaard gaan waar die Christene hulself toelê op goeie werk en werk wat goed en nuttig is vir ander mense ook.
Dit is maklik om na ons werk te kyk as "net 'n werk", maar ons moet dit eerder as 'n geleentheid sien om goed te kan doen teenoor ander mense. Met ons werk kom ons meeste van die tyd daagliks met ander mense in aanraking en elke kontak punt met 'n ander persoon is 'n geleentheid om 'n positiewe indruk te los en hulle te probeer op bou. Of dit nou net 'n glimlag, kompliment of goeie diens is.
As Kinders van God moet ons altyd ons beste voet voor sit en ons beste op die tafel sit.