13 Junie 2023 / Geen verskoning nie / Romeine 1:20
Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie... - Rom 1:20
Paulus verduidelik dat deur net na die skepping te kyk, kan 'n mens aflei dat daar 'n God is. Sy punt is dat geen mens die verskoning kan gebruik en sê daar is nie 'n God nie, of hulle het nie geweet dat daar 'n God is nie.
Hoekom is hierdie belangrik? Want God se oordeel is oor elke mens en Sy oordeel is regverdig. Dit is regverdig omdat elke mens kan sien en weet dat daar 'n God is en as hy verder ondersoek in stel, sal hy God vind. Daarom, het geen persoon 'n verskoning om God se straf en oordeel vry te spring nie.