1 min read

13 Februarie – HOE om te verdra

Verdra mekaar met geduld, in liefde, in volkome nederigheid en ook saggeaardheid.
13 Februarie – HOE om te verdra
... deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra ... - Efesiërs 4:2 (AFR20)

Oordenking:

Verdra mekaar met geduld, in liefde, in volkome nederigheid en ook saggeaardheid. Dit is omtrent 'n groot verwagting wat die Here van ons verwag. Dis nie net 'n geval van mekaar verdra nie, maar HOE om mekaar te verdra.

Vraag / Uitdaging:

Voldoen jy aan hierdie manier van om ander te verdra?

Gebed:

Vader, dankie dat u dit vir ons moontlik maak om ander te kan verdra, al voel dit nie vir ons so nie. Help my om met volle oorgawe ander te verdra op die manier wat u van my verwag. Amen.