13 Augustus / Goed doen sonder liefde / 1 Korintiërs 13:3

Wat is die hoof motivering vir hoekom jy goed doen aan ander? Omdat dit van jou verwag word of omdat dit net die regte ding is om te doen?

13 Augustus / Goed doen sonder liefde / 1 Korintiërs 13:3
Photo by Austin Kehmeier / Unsplash
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. - 1 Kor. 13:3

Het jy al ooit in die strik geval waar jy soveel "goeie" dinge doen vir die Kerk; aan mense om jou en jy so betrokke is by liefdadigheid, maar dat jy jouself vang dat jy so besig is met die "dinge van die Here" dat jy "vergeet van die Here"?

Dieselfde kan gesê word vir liefde. Ons kan goed doen, goed doen aan ander, ons self prys gee - vir allerande redes behalwe liefde. Of dit is om raak gesien te word deur ander of om dalk myself beter te laat voel vir watter rede ook al... As dit nie vanuit 'n posisie van liefde kom nie, dan beteken dit niks.

Oordenking

Wat is die hoof motivering vir hoekom jy goed doen aan ander? Omdat dit van jou verwag word of omdat dit net die regte ding is om te doen? Of is dit omdat jy 'genuine' lief is vir mense en vir die Here?