12 September / Baie liefde / Lukas 7:47
Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” - Luk. 7:47
In Julie het ek hierdie vers aangehaal met die tema van vergifnis, maar dit is nou weer van toepassing met die tema van liefde.
Iemand wie van baie vergewe is of vir wie baie genade gewys is, sal van nature die Een wie hul vergewe of genade wys, lief hê. Jesus se punt hier is dat die vrou Hom baie lief het, omdat sy van baie vergewe is.
Dit is belangrik dat ek en jy besef van hoe baie ons vergewe is, want as ons besef hoe groot God se genade is dan sal ons meer liefde vir Hom hê.