12 Oktober / Dissipline ter wille van die Evangelie / 1 Korintiërs 9:25-27

12 Oktober / Dissipline ter wille van die Evangelie / 1 Korintiërs 9:25-27
Photo by Braden Collum / Unsplash
Almal wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ’n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie. - 1 Kor. 9:25-27

Paulus se "moto" is om alles te word vir alle mense, om soveel moontlik mense vir Christus te wen (1 Kor. 9:22). Party mense het dit dalk gesien as iemand wat doelloos vorentoe beweeg sonder enige waardes, maar Paulus kap terug en verduidelik dat wat hy doen, juis moeite, dissipline en inspanning verg.

Vir Paulus is dit belangrik om soveel moontlik mense by die Here Jesus uit te kry en daarom lewe hy baie doelbewus en doelgerig. Soos iemand wie 'n resies hardloop en daarvoor oefen - wie homself dissiplineer en sekere dinge vermy en opgee... so moet die gelowige lewe wie se brandende begeerte is om soveel moontlik mense na Christus toe te ly.

Selbeheersing is nodig in ons Christelike lewe, sodat ons doelgerig lewe met die Evangelie as ons hoof fokus. Dit beteken om in ons eie wandel met die Here gedissiplineerd te wees, maar om ook ander om ons in ag te neem.

Dink 'n bietjie

Hoe kan selfbeheersing jou help om meer mense by die Here uit te kry?