12 November / Onderhou jouself / 1 Tessalonisense 4:11
Laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien, soos ons dit aan julle voorgehou het. - 1 Tess. 4:11
Dit is 'n eer om rustig 'n bestaan te maak en om te werk en vir jouself te onderhou.
Dit is goed dat ons mense het wat ons kan help wanneer ons swaar kry of deur moeilike tye gaan, maar ons moet net versigtig wees dat ons nie in 'n strik trap dat ons gemaklik word en nie moeite maak om 'n bestaan nie te maak, omdat ons weet dat daar moontlik 'n vangnet dalk kan wees nie.
Die mense se eerste opdrag was woon en bewerk die aarde, daardie opdrag is steeds geldig en iemand wat nie wil werk nie en op ander mense "sponge", bring nie eer aan die Here nie.