12 Maart – Hou vas al verstaan jy nie
Vertrou op die HERE met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. - Spreuke 3:5 (AFR20)
Oordenking:
Vertroue beteken om vas te hou, selfs wanneer dinge nie sin maak nie. Ons eie insig skiet vêr tekort en daarom moet ons vashou aan die Here met alles wat ons in ons het.
Vraag / Uitdaging:
Dink terug aan waar jy op jou eie insigte staat gemaak het, pleks van om op die Here te vertrou. Hoe het dit afgespeel?
Gebed:
Here, ek kies om op U te vertrou met my hele hart, selfs wanneer ek onseker is. Amen.