1 min read

12 Maande, 12 Temas in 2026

In 2026 stap Kortliks deur 12 praktiese temas, een vir elke maand — temas wat raak aan die werklikhede wat ons elke dag beleef. Januarie se tema is: Rigting & Doel, met Februarie wat fokus op Verhoudings & Liefde ...
12 Maande, 12 Temas in 2026

In 2026 stap Kortliks deur 12 praktiese temas, een vir elke maand — temas wat raak aan die werklikhede wat ons elke dag beleef. Hier is 'n blik van wat moontlik voorlê vir 2026. Alhoewel die temas vir elke maand beplan word, sal ek steeds vrymoedigheid neem om individuele onderwerpe op die dag te hanteer soos nodig.

Die temas vir 2026:

  • Januarie: Rigting & Doel
  • Februarie: Verhoudings & Liefde
  • Maart: Geloof in Moeilike Tye
  • April: Gehoorsaamheid & Oorgawe
  • Mei: Gedagtes & Innerlike Lewe
  • Junie: Werk, Roeping & Getrouheid
  • Julie: Gemeenskap, Kerk & Diens
  • Augustus: Volharding, Dissipline & Groei
  • September: Dankbaarheid, Tevredenheid & Vreugde
  • Oktober: Waarheid, Keuses & Integriteit
  • November: Volharding in Hoop
  • Desember: Hoop, Lig & Verwagting

Wat kan jy elke dag verwag?

  • ’n Skrifgedeelte
  • ’n kort oordenking
  • ’n refleksievraag
  • en ’n gebed

Kortliks 2026

God se Woord vir geloof in die alledaagse lewe.

👉 As jy van iemand weet wat jy dink sal baat vind om vir 2026 saam te volg, stuur gerus vir hulle hierdie aan om by kortliks.co.za in te skryf.