12 Augustus / Liefde het ewige impak / 1 Korintiërs 13:1-2

Welsprekendheid is in die eerste eeu grootliks bewonder en die Korintiërs was geen uitsondering nie, hoewel hulle min daarvan by Paulus gevind het (vgl. 2:1, 4; 2 Kor. 10:10). Dit kan deels hul fassinasie met tale verklaar.

12 Augustus / Liefde het ewige impak / 1 Korintiërs 13:1-2
Photo by Manuel Cossio / Unsplash
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. - 1 Kor. 13:1-2

Toe ek hierdie gedeelte bestudeer, lees ek 'n stukkie vanuit The Bible Knowledge Commentary en dit was so mooi gesê dat ek besluit het om eerder dit net in Afrikaans aan te haal hier onder:

Welsprekendheid (elogquence) was in die eerste eeu grootliks bewonder en die Korintiërs was geen uitsondering nie, hoewel hulle min daarvan by Paulus gevind het (vgl. 2:1, 4; 2 Kor. 10:10). Dit kan deels hul fassinasie met tale verklaar. Paulus se toepassing van hierdie en die volgende voorwaardelike bepalings (1 Kor. 13:2–3) op homself was kragtig aangesien hy aanspraak kon maak op uitsonderlike ervarings, veral met betrekking tot die tale van mense (14:18) en van engele (vgl. 2 Kor. 12:4). Maar die stelling was waarskynlik bedoel om elke denkbare manier van spraak in te sluit. Die stelling was 'n hiperbool aangaande verhewe welsprekendheid, wat, as daar geen liefde is nie, dalk vir 'n oomblik 'n mens kan elektrifiseer soos 'n botsing van 'n gong of simbaal, maar waar die klank dan net so vinnig weer verdwyn .

Liefde daarenteen bring ewige effekte voort (vgl. vers 13).

1. Lowery, D.K. (1985) “1 Corinthians,” in Walvoord, J.F. and Zuck, R.B. (eds.) The Bible Knowledge Commentary: An Exposition of the Scriptures. Wheaton, IL: Victor Books, p. 535.

Daar is heelwat wat ons kan leer in 1 Korintiërs 13 oor liefde en die eerste gedagte is dit: sonder liefde is ek niks. Ons moet nie fokus op dinge wat ons tydelik vasvang en "mesmerize" nie, maar fokus op dit wat ewige waarde en impak het, nl. liefde.