11 Oktober / Ouderdom en selfbeheersing / Titus 2:2
Sê vir die ouer mans hulle moet nugter wees, eerbaar, verstandig, gesond en vas in geloof, liefde en volharding. - Ti. 2:2
Paulus gee vir Titus opdrag vir hoe 'n Christen se lewe behoort te lyk volgens die gesonde leer van die Evangelie. Vir elke groep gee hy spesifieke opdragte. Vir die ouer mans vereis hy as t'ware selfbeheersing - iets wat volgens Paulus deel behoort te vorm van iemand wie al volwasse is en 'n bietjie ervaring agter die rug het.
Huiswerk
Lees Titus 2:1-15 op jou eie deur en kyk in watter groep val jy en wat jy daaruit kan leer.