11 November / Werk asof vir die Here / Efesiërs 6:6-9

11 November / Werk asof vir die Here / Efesiërs 6:6-9
Photo by Annie Spratt / Unsplash
Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry. - Ef. 6:6-9

Iemand het eendag vir my gesê dat deur die geskiedenis is van die grootste uitvindsels deur Christene gemaak en van die hardste werkende mense was Christene... blykbaar is daar veral in die vroeërs jare 'n etos gewees onder gelowiges dat hulle hul beste moet gee by die werk - asof hulle vir Christus self werk.

Of dit nou waar is of nie, weet ek nie, maar die beginsel is waar. Efesiërs leer hier vir ons dat wanneer jy werk, moet jy dit doen asof vir die Here. Nie vir jou baas nie. Dit is moeilik, want ons soek die erkenning van ons baas en wil graag bevorder word en beloon word vir ons harde werk, maar die beloning is by die Here wat trots is op ons.

Alles wat ons doen, insluitende ons werk, moet ons doen tot eer van die Here.

Self-evaluasie

Meet jouself... Hoe lyk jou werk etiek en gesindheid? Doen jy jou werk asof jy dit vir die Here doen? Indien jy ja sê, reflekteer jou werk en jou gesindheid dit ook?