11 Maart – Vrae sonder antwoorde
Ja, my planne is nie julle planne nie,en julle paaie is nie my paaie nie,” is die uitspraak van die Here. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne." - Jesaja 55:8–9 (AFR20)
Oordenking:
God se weë is hoër as ons s’n. Ons verstaan nie altyd alles nie. Waar ons sondige mensdom en natuur nie kan verstaan hoe God kan doen wat Hy doen nie - is dit nie vir ons om te verstaan nie. Hy is vêr bo ons verhewe.
Vraag / Uitdaging:
Hoe kan God 'n sondige mens vergewe en red (Jes. 55:6-7) wat dit nie verdien nie? Wat sê dit vir ons oor ander vrae wat ons dalk het en nie verstaan nie?
Gebed:
Here, help my om te rus in die wete dat U groter is as my begrip. Amen.