1 min read

11 Februarie – Wanneer verhoudings moeg raak

Verhoudings vra volharding. Moenie moed verloor om goed te doen nie.
11 Februarie – Wanneer verhoudings moeg raak
Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)

Oordenking:

Verhoudings vra volharding. Moenie moed verloor om goed te doen nie. Om goed te doen teenoor veral ons mede-gelowiges verg moeite. In ons verhoudings verg dit moeite. Ons moet doelbewus daaraan werk om gesonde verhoudings te bou, sodat ons die goeie vrug daarvan kan pluk.

Vraag / Uitdaging:

Waar voel jy moeg in ’n verhouding?

Gebed:

Here, gee my nuwe krag om aan te hou liefhê waar ek moeg geword het. Amen.