11 Augustus / Liefde bring Hoop / Romeine 5:3-5

As gelowiges het ons 'n hoop waaroor ons nie hoef skaam te wees nie. Ons hoop is gebaseer op die liefde van God wat in ons harte is.

11 Augustus / Liefde bring Hoop / Romeine 5:3-5
Photo by Amaury Gutierrez / Unsplash
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. - Rom. 5:3-5

As gelowiges het ons 'n hoop waaroor ons nie hoef skaam te wees nie. Ons hoop is gebaseer op die liefde van God wat in ons harte is. Ons hoop het standvastigheid, dit het "substance" en is gewortel of geanker in God.

Die wêreld "hoop" vir baie dinge, maar daardie hoop is meer soos 'n wens. Iets wat jy dink of bid of sê, maar daar is geen sekerheid daaraan gekoppel nie. 'n Gelowige se hoop, wys weer die teendeel. Ons het 'n hoop wat gebaseer is op die wete en sekerheid van wie God is en daarom hoef ons nie terug te diens vir hierdie wêreld nie. Jesus Christus het die wêreld klaar oorwin en ons hoop is in die aller hoogste en Heilige God.