10 September / Liefde vir Geld / Matteus 6:24

Geld opsig self is nie verkeerd nie, ook nie rykdom nie. Die liefde vir geld is waar die probleem lê.

10 September / Liefde vir Geld / Matteus 6:24
Photo by micheile dot com / Unsplash
“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” - Matt. 6:24

'n Mens se gesindheid teenoor geld of rykdom is nog 'n barometer vir 'n mens se geregtigheid voor God. Die Fariseërs het gedink God sal almal wie Hy lief het met rykdom seën. Jesus het geleer dat ons nie skatte op aarde bymekaar moet maak nie, maar skatte in die hemel.

Geld opsig self is nie verkeerd nie, ook nie rykdom nie. Die liefde vir geld is waar die probleem lê. As 'n mens lief is vir geld en lief is vir God ook... hy kan nie beide dien nie en iewers sal hy die een hoër as die ander ag.

Jou keuses en besluite, wys wie of wat jy lief het. Om te sê jy het God lief beteken niks as jou dade dit nie wys nie.