10 Oktober / Verstandig / 1 Timoteus 3:2-3
’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of ’n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. - 1 Tim. 3:2-3
Hier word die woord verstandig gebruik, waar die Engelse Bybel die woord "self-control" of selfbeheersing gebruik.
Om selfbeheersing toe te pas beteken partykeer om verstandig op te treë. Hoeveel dinge sou ons dalk nie gedoen het nie, as ons net vir 'n oomblik gestop het en daaroor gedink het nie? Ek dink meeste foute kom wanneer ons impulsief op treë of besluite maak en nie verstandig op treë nie.