10 November / Moenie jou werknemer in doen nie / Maleagi 3:5
Dan sal Ek na julle toe kom as regter: Ek sal sonder versuim regspreek teen dié wat hulle met toordery ophou, teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê, teen dié wat die dagloner te kort doen, die weduwee en die weeskind veronreg en die vreemdeling verdring, teen dié wat nie vir My eerbied het nie, sê die Here die Almagtige. – Mal. 3:5
God spreek die nasie Israel aan oor hul sondes en die een wat hier uit staan vir ons tema is dié wie die dagloner te min betaal.
Wat ons hier lees is iemand wat 'n dag werker in doen of uit buit en hom nie betaal wat hy behoort te verdien nie.
Dit is maklik om van arme mense of dagloners misbruik te maak, sonder dat ons dit besef. Het jy al by iemand vrugte langs die pad gekoop en dan probeer jy hom nog af stry met sy prys? Die man kry swaar, bly duidelik nie in 'n mooi huis en het hoegenaamd nie sy eie voertuig nie... maar vir een of ander rede dink ons dit goed om steeds met hom te wil onderhandel en 'n "bargain" te kry. Ek dink nie dit is mooi en eerbaar voor die Here nie. Ons buit iemand uit wat swaar kry en gee hul nie hul verdiende loon nie.
Hierdie is maar net een voorbeeld van hoe ons DALK iemand kan uit buit en misbruik maak van ons posisie van gesag of ons koop vermoë.
Die dagloner het ook 'n familie om voor te sorg en hy of sy moet ook kan eet. Die manier hoe ons ons dagloners vergoed moet 'n weerspieëling wees van ons verhouding met die Here.
Mag ons eendag voor die Here staan en rekenskap gee oor hoe ons te veel of meer gegee het as wat nodig was, eerder as om gevra te word hoekom ons mense onder ons dalk uit gebuit het.