10 Februarie – Respek in konflik
Dit klink dalk nie moontlik nie - maar konflik hoef nie lelik of respekloos te word nie.
Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning. - Romeine 12:10 (AFR20)
Oordenking:
Dit is nodig om mekaar lief te hê en eer te toon, selfs in konflik. Dit klink dalk nie moontlik nie - maar konflik hoef nie lelik of respekloos te word nie.
Vraag / Uitdaging:
Hoe hanteer ek konflik? Hanteer ek my medemens met disrespek?
Gebed:
Here, help my om ander met eer en respek te behandel, selfs in wanneer ons met mekaar verskil. Amen.