1 September / Kan 'n Christen haat? / 1 Johannes 4:20-21

Is daar iemand in jou lewe wie jy haat?

1 September / Kan 'n Christen haat? / 1 Johannes 4:20-21
Photo by Andre Hunter / Unsplash
As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. - 1 Joh. 4:20-21

Die vers maak dit self baie duidelik en praat vir homself. So ek wil net die vraag vir my en vir jou stel: is daar iemand in jou lewe wie jy haat?

Ja, haat is 'n sterk woord en ons mag dalk nee sê, maar ons gesindheid en denke oor party mense mag dalk boekdele spreek wat dalk juis die definisie van haat is.

Gebed

Dankie Vader dat U Woord reguit met ons praat. Help my asseblief om vir almal om my lief te wees en dat daar geen haat of kwaad gevoelens of denke teenoor enigiemand in my lewe sal wees nie. Ek het U lief en ek sê vir U dankie dat U my eerste lief gehad het.