1 Oktober / Selfbeheersing / Spreuke 5:22-23

Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing.

1 Oktober / Selfbeheersing / Spreuke 5:22-23
Photo by Brett Jordan / Unsplash
Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde. Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring. - Spr. 5:22-23

Hierdie klink na 'n goeie vers oor selfbeheersing, as ons nuwe tema, en ons kan allerhande gedagtes vorm of gevolgtrekkings maak oor hierdie vers, maar in die konteks van Spreuke 5 verwys hierdie vers na die uiteinde van iemand wie nie morele selfbeheersing toepas nie en wie 'n geestelike dood sterf.

Die teks verwys spesifiek na egbreuk. Lees gerus Spreuke 5:7-14. Die punt hier is dat alles lê voor God ontbloot, niks kan in die geheim gedoen word nie. As ons dink ons kan in die geheim oortree, selfs dit sal ons inhaal en ons gebrek aan selfbeheersing oor sonde, is ons verderf.

Die tema van selfbeheersing gaan 'n paar verskillende onderwerpe aan raak oor die volgende week of twee. As jy spesifieke verse het oor selfbeheersing wat jy kan deel, laat weet my gerus!

Ek sien uit om hierdie tema saam met jou deur te trap :)

Riaan.