1 Januarie 2023 / Vergifnis in vriendskap / Spreuke 17:9
Wie ’n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ’n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende. - Spr. 17:9
Wanneer iemand die heeltyd 'n saak op bring van 'n vriend wat iets verkeerd gedoen het en die persoon nie vergewe en aan beweeg nie - sal die oorsaak wees dat daardie vriendskap tot niet gaan. Maar as die persoon die ander een vergewe, sal die vriendskap laat voortleef.
Ons almal maak foute. Partykeer doen ons iets wat ons vriend/in seer maak en dan moet ons reg maak met daardie persoon. As die ander persoon die saak bly op bring en nie verby dit kan kyk nie, dan sal die vriendskap nie kan voortleef nie.
Dieselfde geld vir jou: vergewe jy jou vriende en sit die foute agter jou of herinner jy jou vriende aan die foute wat hulle gemaak het en hou dit bokant hul kop? Die Here wil hê ons moet onvoorwaardelik vergewe, net soos Jesus ons vergewe het.
Die ander persoon mag dalk die fout gemaak het, maar die onus lê op ons om te vergewe. Ek mag nooit na die ander party vinger wys en die skuld wil gee nie, want ek gaan self eendag voor die Here verantwoording moet doen vir my eie optredes, ongeag wat ander mense aan my gedoen het.