1 Augustus / Matteus 3:17 / Liefde

Ek probeer my in dink hoe ongelooflik dit moes wees om daar teenwoordig te wees en dit te hoor en sien gebeur. Hoe kosbaar!

1 Augustus / Matteus 3:17 / Liefde
Photo by Danist Soh / Unsplash
Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” - Matteus 3:17

Soos Jesus Homself laat doop deur Johannes, net soos Jesus uit die water op kom, kom daar 'n stem uit die Hemel. Ek probeer my in dink hoe ongelooflik dit moes wees om daar teenwoordig te wees en dit te hoor en sien gebeur. Hoe kosbaar! Die Vader is teenwoordig en Hy toon Sy liefde teenoor Sy Seun, Jesus Christus.

Ek is baie bevoorreg om 'n pa te hê wie lief is vir my en wie teenwoordig is in my lewe. Ek is baie geseënd, want ek weet baie ander seuns (en dogters) het nie daardie voorreg nie. Wanneer ek weet my pa is trots op my, dan laat dit my bors swel, dit motiveer my en dit bevestig my identiteit ook.

Net soos ons voel wanneer ons ouers agter ons staan, so weet Jesus dat die Vader ook agter Hom staan.