7 Julie / Lukas 17:3-4 / Vergifnis
Sjoe, Jesus het nie doekies omgedraai om vir Sy dissipels te verduidelik hoe belangrik dit is om te vergewe nie.
6 Julie / Lukas 7:47 / Vergifnis
'n sondaar wat besef dat hul verlore is en baie genade ontvang het, kan nie anders as om vir die Here lief te wees en om Hom te dank nie.
5 Julie / Markus 11:25 / Vergifnis
Goddelike vergifnis vir gelowiges en vergifnis teenoor jou medemens kan nie losgemaak word van mekaar nie.
4 Julie / Matteus 18:21-22 / Vergifnis
Hoeveel keer sal jy iemand vergewe wat iets verkeerd doen teenoor jou? Hoeveel van ons sal iemand 3 of selfs 7 kanse gee? Maar, sal jy iemand elke liewe keer vergewe soos Jesus hier opdrag gee?
3 Julie / Matteus 9:6 / Vergifnis
Ek en jy kan nie ander mense se sondes vergewe om hul die ewige lewe te gee nie, maar ons kan wel hul vergewe sodat ons die verhouding met hulle kan herstel of in vrede kan lewe.
2 Julie / Matteus 6:14-15 / Vergifnis
Hierdie vers maak dit duidelik dat 'n Christen se vermoë en verantwoordelikheid om te vergewe gebasseer is op God wat ons onvoorwaardelik vergewe.
1 Julie / Matteus 6:12 / Vergifnis
Jesus leer vir ons om te bid vir vergifnis, dat die Vader ons genadig sal wees, maar hierdie vers impliseer dat die persoon wat bid, klaar ander vergewe het wat teen hom / haar verkeerd gedoen het.