21 Augustus / Liefde verslind nie / Galasiërs 5:14-15
Vader, help my om altyd in liefde op te tree wanneer mense met my opvatting, siening of teologie verskil.
20 Augustus / Dien mekaar in liefde / Galasiërs 5:13
Die uitdaging lê daarin dat ons nooit ons eie sondes wat ons van bewus is net moet aanvaar en dink "ag dit is okay", Jesus vergewe my...
18 Augustus / Liefde is verewig / 1 Korintiërs 13:8
Liefde op sy eie is 'n gawe en 'n aksie wat nooit sal vergaan nie. Wat bedoel Paulus daarby?
17 Augustus / Liefde beskerm / 1 Korintiërs 13:7
Die Engelse vertalings gebruik die woord "perserveres" wanneer ons praat van verdra alles.
16 Augustus / Liefde en onreg / 1 Korintiërs 13:6
Om lief te wees vir mense beteken dat ons nie bly raak of lekker kry oor dinge wat verkeerd is nie, maar dat ons eerder opgewonde raak wanneer waarheid geskied.
15 Augustus / 4 Negatiewe beskrywings van liefde / 1 Korintiërs 13:5
In vers 5 dop Paulus dit om en gee 4 negatiewe beskrywings van wat liefde nie behoort te wees nie.
14 Augustus / Liefde is geduldig / 1 Korintiërs 13:4
Die effek van hierdie liefde is dat ons geduldig en vriendelik moet optree. Hoe maklik raak ons partykeer nie ongeduldig met mense nie? Veral mense wie ons nie van hou nie, of wie ons dalk vinnig irriteer.
13 Augustus / Goed doen sonder liefde / 1 Korintiërs 13:3
Wat is die hoof motivering vir hoekom jy goed doen aan ander? Omdat dit van jou verwag word of omdat dit net die regte ding is om te doen?
12 Augustus / Liefde het ewige impak / 1 Korintiërs 13:1-2
Welsprekendheid is in die eerste eeu grootliks bewonder en die Korintiërs was geen uitsondering nie, hoewel hulle min daarvan by Paulus gevind het (vgl. 2:1, 4; 2 Kor. 10:10). Dit kan deels hul fassinasie met tale verklaar.
11 Augustus / Liefde bring Hoop / Romeine 5:3-5
As gelowiges het ons 'n hoop waaroor ons nie hoef skaam te wees nie. Ons hoop is gebaseer op die liefde van God wat in ons harte is.