24 Januarie – Kies wat saak maak
Nie alles is ewe belangrik nie. Hier is twee situasies... die een is dat daar werk is wat gedoen moet word in die huis, maar Maria kies om met Jesus tyd te spandeer en te gesels in plaas daarvan om te help huis skoonmaak.
23 Januarie – Fokus bring vrede
Wat ons gedagtes vul, beïnvloed ons vrede. God roep ons om te fokus op wat goed is.
22 Januarie – My lewe onder Sy leiding
Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal sy voetstappe. - Spreuke 16:9 (AFR20)
21 Januarie – God is reeds daar
Waarheen jy ook al gaan, God is reeds daar. Jy is nooit alleen nie.
20 Januarie – Begin weer
God se genade is elke oggend nuut. Jy kry altyd weer ’n kans om oor te begin. Sy genade is oneindig, omdat Hy getrou is.
19 Januarie – God sien die pad vooruit
God sien verder as vandag. Sy planne is goed, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie. Sy tydsberekening is goed, al wil ons nie wag nie.
18 Januarie – Leef vandag getrou
God roep ons om vandag getrou te wees. Om te fokus op dit wat reg voor ons is. Môre behoort aan Hom.
17 Januarie – Vertrou sonder om te sien
Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. - 2 Korintiërs 5:7 (AFR83)
Oordenking:
Geloof vra dat ons
16 Januarie – Vertrou, maar beplan
Om op die Here te vertrou en om ons planne aan hom bekend te maak gaan hand in hand met mekaar. Ons moet op die Here vertrou, maar ons moet ook 'n plan hê.
15 Januarie – Rigting deur gehoorsaamheid
God openbaar Sy pad aan dié wat Hom gehoorsaam. Rigting word duideliker soos ons Hom volg.