vergifnis 13 Julie / Markus 3:28-29 / Vergifnis Die Fariseërs wou nie erken dat Jesus die Seun van God is nie en dat die werk / wonderwerk wat Jesus doen, van God afkomstig is nie. Alle sondes kan die mens vergewe word, behalwe die sonde teen die Heilige Gees.
vergifnis 12 Julie / Markus 1:4 / Vergifnis Die doop van Johannes was nie 'n nuwe doop nie, maar een wat die Jode mee bekend was.
vergifnis 11 Julie / 1 Johannes 2:12 / Vergifnis As jy 'n kind van God is, dan is daardie dinge agter jou! Jy is vergewe en geheilig in die Naam van Jesus Christus. Kom ons lewe soos mense wat verlos is!
vergifnis 10 Julie / 1 Johannes 1:9 / Vergifnis Ek het daardie aand my Sondagskool juffrou gebel om die nuus met haar te deel en sy het dadelik vir my gesê ek moet 1 Johannes 1:9 gaan lees en die vers memoriseer.
vergifnis 9 Julie / Jakobus 5:15 / Vergifnis Dié van ons wat sterk is in die geloof moet uit kyk vir dié om ons wie siek is en ook geestelik swaar kry; wie afgemat en moeg is.
vergifnis 8 Julie / Romeine 4:7-8 / Vergifnis “Geseënd is die mense wie se oortredinge nie gestraf word nie en wie se sonde vergewe word. Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.” - Romeine 4:7–8 Ek is so dankbaar dat die Here my sonde vergewe en die straf wat ek
vergifnis 7 Julie / Lukas 17:3-4 / Vergifnis Sjoe, Jesus het nie doekies omgedraai om vir Sy dissipels te verduidelik hoe belangrik dit is om te vergewe nie.
vergifnis 6 Julie / Lukas 7:47 / Vergifnis 'n sondaar wat besef dat hul verlore is en baie genade ontvang het, kan nie anders as om vir die Here lief te wees en om Hom te dank nie.
vergifnis 5 Julie / Markus 11:25 / Vergifnis Goddelike vergifnis vir gelowiges en vergifnis teenoor jou medemens kan nie losgemaak word van mekaar nie.
vergifnis 4 Julie / Matteus 18:21-22 / Vergifnis Hoeveel keer sal jy iemand vergewe wat iets verkeerd doen teenoor jou? Hoeveel van ons sal iemand 3 of selfs 7 kanse gee? Maar, sal jy iemand elke liewe keer vergewe soos Jesus hier opdrag gee?
vergifnis 3 Julie / Matteus 9:6 / Vergifnis Ek en jy kan nie ander mense se sondes vergewe om hul die ewige lewe te gee nie, maar ons kan wel hul vergewe sodat ons die verhouding met hulle kan herstel of in vrede kan lewe.
vergifnis Featured 2 Julie / Matteus 6:14-15 / Vergifnis Hierdie vers maak dit duidelik dat 'n Christen se vermoë en verantwoordelikheid om te vergewe gebasseer is op God wat ons onvoorwaardelik vergewe.
vergifnis 1 Julie / Matteus 6:12 / Vergifnis Jesus leer vir ons om te bid vir vergifnis, dat die Vader ons genadig sal wees, maar hierdie vers impliseer dat die persoon wat bid, klaar ander vergewe het wat teen hom / haar verkeerd gedoen het.
vrede 30 Junie / Kolossense 1:19-20 / Vrede Jesus Christus het vir my en jou aan die kruis gesterf, sodat daar vrede tussen ons en God kan wees.
vrede 29 Junie / Jakobus 3:17-18 / vrede Die Goddelike wysheid wat ons van Bo ontvang moet ons gebruik om in die regte verhouding met God te staan en om vrede te maak.
vrede 28 Junie / Hebreërs 12:14 / Vrede Ons moet ywer om met alle mense in vrede te lewe en saam met dit moet ons ook heilig lewe; anders sal mense nie die Here in ons lewe sien nie.
vrede 27 Junie / 2 Timoteus 2:22 / Vrede Paulus maak duidelik dat terwyl Timoteus valse leringe moet bestry, moet hy homself weerhou om betrokke te raak met dwase en sinlose strydvrae.
vrede 26 Junie / Kolossense 3:15 / Vrede Gelowiges moet die vrede van Christus toelaat om in ons hul harte te regeer, sodat daar vrede kan wees in hul inter-persoonlike verhoudings.
vrede 25 Junie / Filippense 4:7 / Vrede Hierdie vrede bewaar ons harte en gedagtes, dit beskerm as t'ware ons gemoed en gee vir ons die vermoë om vrede te hê ten spyte van ons omstandighede.
vrede 24 Junie / Efesiërs 4:3 / Vrede Daar is hopeloos te veel onenigheid tussen Christene omdat ons nie mekaar kan verdra en ruimte maak vir mekaar om te verskil nie... Die koninkryk wen nie, vind nie baat daarby nie, wanneer ons nie in vrede kan saamwerk nie.
vrede 23 Junie / Efesiërs 2:13-14 / Vrede Hoe kosbaar om te weet dat ons een is met Christus! Deur Jesus Christus kan ons tot God, ons Vader nader. Ons hoef nie God te soek nie, Hy is nie vêr nie, maar naby ons.
vrede 22 Junie / Galasiërs 5:22-23 / Vrede As ons wedergebore is dan leef die Gees van God binne in ons en die Heilige Gees bring laat die vrug van die Gees in my lewe groei.
vrede 21 Junie / 2 Korintiërs 13:11 / Vrede Partykeer wil ons nie vermaning aanvaar nie, maar vermaning is nodig om te kan groei, te kan leer en om in vrede te kan lewe.
vrede 20 Junie / Romeine 14:17-19 / Vrede Wanneer ons gehoorsaam aan God lewe, dan gee die Heilige Gees vir ons vrede en vreugde. Partykeer sukkel mense om vrede te kry in hul lewe en verhoudings, en hulle wonder hoekom daar heeltyd rusie in hul verhoudings en lewens is...
vrede 19 Junie / Romeine 8:6 / Vrede Jy moet jou gedagtes rig op die Woord van God, op dit wat vir Hom belangrik is en die Heilige Gees toelaat om jou beheer te neem oor jou gedagtes.